Ontmoet ons kudde

Op ons plaas is al die koeie deel van die Boesmanspoort familie. Ons 9 opregte Jersey-koeie het elk hul eie naam en persoonlikheid – en hulle is die hart van ons Boerenkaas-produksie.
Maak kennis met ons dames:
-
Trienie
-
Nina
-
Emsie
-
Bella
-
Amelie
-
Emma
-
Nètjie
-
Lien
-
Lulu
Ons kudde het oorspronklik hul tuiste gehad in die pragtige Riversdal-omgewing, bekend vir uitstekende Jersey telers. Vandag wei hulle rustig op ons groen weiding, waar hulle met sorg en liefde behandel word.
Elke een van hulle het onlangs hul eerste kalfies gekry – ’n besonderse mylpaal! Hulle voorsien ons daagliks van vars, ryk en romerige melk. Hierdie melk is die geheime bestanddeel in ons tradisionele, handgemaakte Boerenkaas.
Ons glo in dierewelsyn en natuurlike boerderypraktyke. Ons koeie kry die beste weiding en genoeg ruimte om te beweeg en te wei – want gelukkige koeie maak beter melk.
Ons is trots daarop dat ons kaas regtig plaasvars is – van ons veld tot by jou tafel. Wanneer jy van ons Boerenkaas geniet, ondersteun jy nie net plaaslike boerdery nie, maar ook ’n lewenswyse van eerlikheid, sorg en kwaliteit.