Waarom Ons Roumelk Gebruik

Waarom Ons Roumelk Gebruik

Boesmanspoort Boerenkaas: Waarom Ons Roumelk Gebruik – ’n Tradisie van Smaak en Integriteit

Op Boesmanspoort, diep in die hart van die Hantam-Karoo, glo ons dat egtheid nie onderhandelbaar is nie. Dit is hoekom ons Boerenkaas uitsluitlik van vars roumelk gemaak word – melk wat regstreeks van ons eie Jersey koeie kom, sonder enige pasteurisasie, sonder enige verandering aan die natuur se oorspronklike resep.

Maar hoekom roumelk?

1. Die Smaak is Ongeëwenaard
Roumelk behou al die natuurlike vette, ensieme en mikroflora wat tydens pasteurisasie verlore gaan. Hierdie natuurlike elemente gee ons kaas ’n diepte van geur, 'n kompleksiteit, en 'n fyn karakter wat jy nie in kommersiële kaas sal vind nie. Dis 'n smaak wat eerlik is – wat vertel van die gras waarop die koeie wei, van die seisoen waarin dit gemaak is, en van die hande wat dit gevorm het.

2. Gesondheid uit die natuur
Roumelk bevat natuurlike probiose, vitamiene en ensieme wat voordelig is vir die spysvertering en immuniteit. Omdat ons melk van gesonde, grasgevoerde koeie af kom, en omdat dit onmiddellik begin word in kaasproduksie, is dit vars, veilig en vol lewe. Ons volg streng higiëneprotokolle en gebruik slegs melk van koeie in perfekte gesondheid.

3. Tradisie – meer as net nostalgie
Boerenkaas is nie net ’n produk nie, dis ’n erfenis van meer as 800 jaar. In daardie eeue is kaas gemaak van roumelk – altyd. Dit is hoe die oorspronklike Europese kaasmeesters hul unieke style ontwikkel het. Ons eer daardie tradisie deur dit voort te sit met integriteit en eerbied.

4. Ons beheer elke stap
Omdat die melk op dieselfde plaas geproduseer en verwerk word, het ons volledige beheer oor die kwaliteit. Ons Jersey-koeie – Trienie, Lulu, Emma en die res van die trop – loop vry op natuurlike weiding en word met sorg behandel. Dit beteken ons kan waarborg: wat jy eet, is 100% plaasgetrou, sonder kortpaaie.

Back to blog

Leave a comment